Die Identiteit van die Boerevolk in die 21ste Eeu

Welkom by die amptelike webtuiste van Die Boereboek en Boer-Maak-’n-Plan deur Dr. Lets Pretorius. Ontdek die identiteit en toekoms van die Boerevolk.

Dr Pretorius

Die Boereboek en Boer-Maak-’n-Plan

Welkom by die amptelike webtuiste van Die Boereboek en Boer-Maak-’n-Plan deur Dr. Lets Pretorius.

Die twee boeke bevat die geskiedenis van die Afrikaner en die Boer. Ons noem dit gesamentlik: Die Blanke Afrikaanssprekende Suid—Afrikaners van die 21ste eeu of BASA21.

Die boeke volg op ʼn MA verhandeling oor hierdie onderwerp, wat Dr Lets Pretorius onder leiding van Prof Andre Duvenhage, by die PUK met lof verwerf het.
Die Boereboek is eerste geskryf en beslaan meer as 500 bladsye.

Dit is ʼn akademiese boek, wat as basis vir enige studie oor die geskiedenis en otstandkoming van BASA21 kan dien. Alle belangrike fasette is ingewerk en die Boereboek bevat ʼn indeks asook volledige verwysings na alle bronne, wat geraadpleeg is.

Die kern inhoud van die twee boeke draai om IDENTITEIT. Dit handel oor die volgende vrae: Wie is jy? Behoort jy aan ʼn volk? Watter volk? Hoekom sê jy dit?

Die boeke hanteer die vrae volledig.

Gebruik die skakel hieronder om jou bestelling te plaas en deel in hierdie belangrike reis. Indien jy die Boer Maak ʼn Plan bestel, kry jy ʼn kopie van die Boeremagsage gratis saam. Indien jy die BOEREBOEK ook saam bestel, word die drie boeke sonder afleweringskoste afgelewer.

Boer Maak ʼn Plan Voorwoord

Die verskil tussen ʼn Boer en ʼn Afrikaner is vandag die onderwerp van debatte by die braaivleisvuur, die teekamer, sosiale media en by kuierplekke. Baie mense verstaan die verskil, maar veral jong mense is nog baie onseker oor hul identiteit.

Die BOEREBOEK het die debat opnuut aan die gang gesit en verskaf waardevolle agtergrond en inligting, wat kan bydra om ʼn debat sinvol en op ʼn wetenskaplik nagevorste basis te laat plaasvind. Die BOEREBOEK is omvattend en is teoreties goed gegrond, maar vir sommige mense effe lywig en soms te akademies. Die BOEREBOEK poog om waar te neem, sonder om voorskriftelik te wees. Verder gee dit eerder beginsels en riglyne, wat op die vryheidspad toegepas kan word, sonder om ʼn spesifieke plan te propageer.

Die BOER-MAAK-ʼn-PLAN word uit ʼn ander hoek geskryf.

Dit word in eenvoudiger (nie so akademies nie) taal geskryf. Waar die Boereboek oor die 500 bladsye het, word die inhoud van die Boereboek in 160 bladsye saamgevat. Jou kind sal dit ook verstaan. Verder bespreek die Boer Maak ʼn Plan spesifieke planne en voeg verskillende mense se planne bymekaar, met ʼn oorkoepelende plan aan die einde. Word deel van die oplossing vir die toekoms van jou ongebore nageslag en bestel die Boer Maak ʼn Plan.

Lees Meer